Januarie/Februarie 2015

Liewe vriende van die sentrum,

Die nuwe jaar het met ‘n “bang” afgeskop en al ons lede was tog so bly en dankbaar dat die sentrum weer heropen het. Januarie is ongelukkig gewoonlik ‘n baie swaarkry maand en hierdie jaar was geen uitsondering nie – as iemand in die Kaapse hitte vir ‘n derde bordjie hawermoutpap vra, weet jy hulle is honger! Gelukkig was ons in die posisie om ons lede te help met oorloop kospakkies van die kerskospakkieprojek en dit het groot verligting gebring. Die nuwe jaar het ook hartseer gebring met 4 sterfgevalle in die eerste twee weke – ons dink met liefde aan hulle wat oorlede is en hulle geliefdes was agtergebly het.

 

Februarie- die maand van die liefde – is gepas gevier met ‘n heerlike Valentynsete, optrede deur die sangers van Milnerton medikliniek (kan die manne sing, ek dink hulle sing die siekes gesond!) en die kies van ons eie Me en Mnr Valentyn! Ons het die opbou tot die krieket wêreldbeker gevier deurdat die lede vir ons kom vertel het van al die lande wat gaan deelneem – ons staan bankvas agter die Proteas en glo dat hulle dit hierdie slag gaan maak!!!  Go AB!!!!

Branstof bly duur – en word al hoe duurder – en dis vir ons baie moeilik om al ons lede op ‘n uitstappie te neem. Ons maak ‘n plan en neem hulle nou elke maand in kleiner groepies – diegene wat in die spesifieke maand verjaar word sommer hier na ons bure - Grand west casino!!! se Spur geneem op ‘n Maandag vir ‘n Burger en koeldrank (buy one, get one free!). Moenie bekommer nie : ons stap ‘n wye draai om die slotmasjiene!

Daar wag opwindende dinge in die jaar : op ons hou op 8 Mei basaar by die sentrum – dink solank hoe jy kans sien om ons te help/ te ondersteun; op 23 Mei om 19:00 in Bellville stadskouburg bied Margit (Dowwe Dolla) en kie “Liewe Heksie – flower power” pantomime ten bate van die sentrum aan : help ons ASB om 350 kaartjies te verkoop! Ons groot projek vir die jaar : ons soek 200 persone wat bereid is om elk R100-00 pm te skenk – dan betaal ons die kosrekening en gee vir elke lid twee maal per week ‘n gratis bord kos. Kontak ons gerus vir meer besonderhede.

 

Groete,

Margaret

 

Ruyterwacht Welcomes:

  • Any food donations
  • Cash donations 
  • Fuel and or vehicle maintenance sponsorship
  • Magazines and books
  • Furniture, bric & brac
  • Clothes
  • Art & craft supplies
  • Outings and experiences

 

Our Bank Details: 

ABSA Bank Parow

Branch Code: 632005, 

Cheque Acc.Nr: 390169582

 

All donations (cash as well as in natura) received are tax deductible through a Section 18 receipt issued by Ruyterwacht Senior Centre.

IMG_0151-300x225.jpg