Nov/Des 2014

Liewe vriende van die sentrum,

Aan die einde van ‘n jaar dink mens onwillekeurig terug aan baie hoogtepunte, laagtepunte en uitdagings –alles waarvan ons by die sentrum beslis baie hierdie jaar gehad het! Ons dink ook terug aan lede en familie van lede wat nie meer by ons is nie en bid vir hulle vertroosting toe, veral in hierdie Feesgety. Die mees oorweldigende gevoel hierdie tyd is egter die van ‘n diep dankbaarheid teenoor God ons Vader wat ons op soveel terreine geseën het en soveel mense oor ons pad gestuur het wat op praktiese wyse hulle liefde vir God en Sy skepsels aan ons lede kom betoon het. Ons loof Hom daarvoor en is dankbaar teenoor elkeen wat Christus se liefde hier kom uitleef het.

 

Soos dit maar aan die einde van die jaar gaan, was November en die stukkie van Desember, BAIE besig. November het begin met ons Lentetee op die eerste – ‘n heerlike oggend met Elize Parker as seremoniemeester, lekker vermaak en keurige eetgoed – baie dankie aan NGK Kenridge vir die gebruik van hulle fasiliteite. Die lede was deur die maand bederf deur verskeie groepe wat kom besoek aflê het, soos Old Mutual se “care and share” groep wat toiletwarepakkies kom aflewer het, vermaak verskaf het en ook ‘n heerlike kersete aan die lede van die sopkombuis aangebied het. Ons is oorweldig deur die welwillendheid van soveel individue, groepe, gemeentes, besighede – te veel om op te noem sonder om dalk iemand te vergeet! – wat bygedra het tot ons kerskospakkieprojek wat ons in staat gestel het om aan elkeen van ons 300 lede ‘n substansiële kruidenierspakkie te gee vir die Kersvakansie . BAIE BAIE  dankie aan elkeen wat, op watter wyse ook al, bygedra het tot hierdie projek : wees verseker jou bydrae het ‘n groot verskil gemaak in iemand baie weerloos se lewe!

Ons lede het die jaar afgesluit op ‘n hoogtepunt : 195 van hulle was op ‘n uitstappie na die Waterpark in Milnerton (ek het selfs ‘n voëltjie hoor fluit dat sommige van hulle die waterwurm aangedurf het?!) Baie dankie aan Chris en Androëtte Faure van Engen, Monte Vista wat die heerlike piekniekkos vir die dag as ‘n skenking verskaf het – dit was heerlik en word waardeer.

Baie dankie vir almal se ondersteuning die afgelope jaar. Geniet die Kersgety saam met familie en vriende, reis veilig as jy die paaie gaan aandurf, rus lekker en pak die nuwe jaar met ywer aan.

Ons sien baie uit na die uitdagings van 2015 en vertrou dat jy die pad saam met ons sal stap! Besoek gerus ons nuwe webblad – daar is interessante nuwe dinge aan die gebeur :

www.ruyterwachtseniors.co.za

Seënwense van al ons dankbare lede en personeel!

Totdat ons weer op 12 Januarie her-open, groete,

Margaret

 

 

Ruyterwacht Welcomes:

  • Any food donations
  • Cash donations 
  • Fuel and or vehicle maintenance sponsorship
  • Magazines and books
  • Furniture, bric & brac
  • Clothes
  • Art & craft supplies
  • Outings and experiences

 

Our Bank Details: 

ABSA Bank Parow

Branch Code: 632005, 

Cheque Acc.Nr: 390169582

 

All donations (cash as well as in natura) received are tax deductible through a Section 18 receipt issued by Ruyterwacht Senior Centre.

IMG_0106-300x225.jpg