Maart 2015

Liewe vriende van die sentrum,

Dis moeilik om te glo dat ‘n kwart van die jaar alreeds verby is – en mens wonder onwillekeurig of jy alles gedoen gaan kry waaroor jy gedroom het vir die nuwe jaar. By die sentrum het ons ook soveel drome en ideale – waarvan niks sal realiser sonder die getroue ondersteuning, voorbidding en goedhartigheid van ons vriende, soos julle, nie.

Read more...

Januarie/Februarie 2015

Liewe vriende van die sentrum,

Die nuwe jaar het met ‘n “bang” afgeskop en al ons lede was tog so bly en dankbaar dat die sentrum weer heropen het. Januarie is ongelukkig gewoonlik ‘n baie swaarkry maand en hierdie jaar was geen uitsondering nie – as iemand in die Kaapse hitte vir ‘n derde bordjie hawermoutpap vra, weet jy hulle is honger! Gelukkig was ons in die posisie om ons lede te help met oorloop kospakkies van die kerskospakkieprojek en dit het groot verligting gebring. Die nuwe jaar het ook hartseer gebring met 4 sterfgevalle in die eerste twee weke – ons dink met liefde aan hulle wat oorlede is en hulle geliefdes was agtergebly het.

Read more...

Nov/Des 2014

Liewe vriende van die sentrum,

Aan die einde van ‘n jaar dink mens onwillekeurig terug aan baie hoogtepunte, laagtepunte en uitdagings –alles waarvan ons by die sentrum beslis baie hierdie jaar gehad het! Ons dink ook terug aan lede en familie van lede wat nie meer by ons is nie en bid vir hulle vertroosting toe, veral in hierdie Feesgety. Die mees oorweldigende gevoel hierdie tyd is egter die van ‘n diep dankbaarheid teenoor God ons Vader wat ons op soveel terreine geseën het en soveel mense oor ons pad gestuur het wat op praktiese wyse hulle liefde vir God en Sy skepsels aan ons lede kom betoon het. Ons loof Hom daarvoor en is dankbaar teenoor elkeen wat Christus se liefde hier kom uitleef het.

Read more...

31 Oktober 2014

Liewe vriende van die sentrum,

Dis moeilik om te glo dat daar skaars twee mande van 2014 oor is – so min jaar oor en nog so baie om te doen. Oktobermaand het gesorg vir baie opwinding : Die eerste dag van die maand was vir ons sommer baie spesiaal : Internasionale dag vir bejaardes!! Aangesien dit nou amptelik die mooiste, mooiste maand is , moes ons darem die lente behoorlik vier en dit kon ons doen met die welwillendheid van die Western Province care centre wat die lede kom bederf het met heerlike eetgoed, maar nog belangriker : hulle het die “Country Boys” saamgebring wat heerlike musiek gemaak het : het jy al gesien hoe ‘n klomp bejaardes 11uur in die oggend in die gangetjies tussen die tafels dans dat die tonge uithang? – doodmoeg, maar baie gelukkig! 

Read more...

Liewe vriende van die sentrum,

Die eerste dag van September breek aan – en ek dink vir die eerste keer in my lewe is dit ‘n pragtige lentedag in die Kaap! Dit is ook die eerste dag dat ek amptelik aangestel is as die nuwe bestuurder van die sentrum – baie dankie vir Badisa en die Beheerraad vir die vertroue in my gestel : ek glo en vertrou dat ek hulle nie sal teleurstel nie en dat my betrokkenheid sal bydra om die omstandighede van ons lede te verbeter.

Read more...

More Articles...

Ruyterwacht Welcomes:

  • Any food donations
  • Cash donations 
  • Fuel and or vehicle maintenance sponsorship
  • Magazines and books
  • Furniture, bric & brac
  • Clothes
  • Art & craft supplies
  • Outings and experiences

 

Our Bank Details: 

ABSA Bank Parow

Branch Code: 632005, 

Cheque Acc.Nr: 390169582

 

All donations (cash as well as in natura) received are tax deductible through a Section 18 receipt issued by Ruyterwacht Senior Centre.


Serving the poor, elderly citizens of the Ruyterwacht community with Christian compassion as well as providing basic support services.

IMG_0097-300x225.jpg